Twee dae in Mei (e-bog) af Fouche, Jaco
Fouche, Jaco (forfatter)

Twee dae in Mei e-bog

30,36 DKK (inkl. moms 37,95 DKK)
Enige dag in Mei is ʼn min of meer goeie dag vir die optimistiese mense met wie jy in hierdie boek twee dae saamloop. Jy kry hulle by Alkoholiste Anoniem in Belville, want dis wat hulle is: mense tot in hul kern aangetas deur alkahol. Is respektabel en verdraagsaam beter as dronk en los soos voorheen? Vir Elna is dit. Net soos ʼn klein maar tevrede lewe nou vir Robert skei van die onnoembare daad...
E-bog 30,36 DKK
Forfattere Fouche, Jaco (forfatter)
Forlag Umuzi
Udgivet 26 august 2011
Længde 136 sider
Genrer FA
Sprog Afrikaans
Format pdf
Beskyttelse LCP
ISBN 9781415204450
Enige dag in Mei is ʼn min of meer goeie dag vir die optimistiese mense met wie jy in hierdie boek twee dae saamloop. Jy kry hulle by Alkoholiste Anoniem in Belville, want dis wat hulle is: mense tot in hul kern aangetas deur alkahol. Is respektabel en verdraagsaam beter as dronk en los soos voorheen? Vir Elna is dit. Net soos ʼn klein maar tevrede lewe nou vir Robert skei van die onnoembare daad in sy verlede. Robert wil vanuit sy allenigheid na Elna reik, maar dis nie te sê hy kom by haar uit nie. Jim, weer, is ʼn allemansvriend, gesellig by Elna se dogter ingekruip. Maar hy drink steeds en sal moet fyntrap. Mens dans te lossies as jy lig getrek is. Aangewese op mekaar beweeg dié handjievol deur twee dae en nagte van hul lewe, soos enkelliggies in die groot ligtelaaie van die stad. Werk, speel, kwel, hoop ... In die pynlikste aansprake op geluk lewe elkeen aan die rand van ʼn swart kolk in hul bestaan. Vlymskerp waarnemer, ragfyn tekenaar - Jaco Fouché is ʼn vakman wat jou hart ongesiens kan breek, Twee dae in Mei is die derde roman van dié bekroonde Bloemfonteinse skrywer.