Dit was oorlog e-bog
65,85 DKK
(inkl. moms 82,31 DKK)
In die 1970’s, 1980’s en vroeë 1990’s is honderde duisende jong mans vir militêre diensplig opgeroep. Die meeste het streng fisiese opleiding ondergaan en baie het aan die oorlog in noord-Namibië en Angola deelgeneem. Hierdie boek is ’n versameling besinnings oor en herinneringe uit daardie tyd, byeengebring deur JH Thompson wat onderhoude met voormalige nasionale dienspligtiges gevoer het.Bydr...
E-bog
65,85 DKK
Forlag
Zebra Press
Udgivet
12 marts 2012
Længde
255 sider
Genrer
HBW
Sprog
Afrikaans
Format
pdf
Beskyttelse
LCP
ISBN
9781770222519
In die 1970’s, 1980’s en vroeë 1990’s is honderde duisende jong mans vir militêre diensplig opgeroep. Die meeste het streng fisiese opleiding ondergaan en baie het aan die oorlog in noord-Namibië en Angola deelgeneem. Hierdie boek is ’n versameling besinnings oor en herinneringe uit daardie tyd, byeengebring deur JH Thompson wat onderhoude met voormalige nasionale dienspligtiges gevoer het.Bydraers sluit in gewone soldate en Spesmaglede, sjefs, medics en helikoptervlieëniers. Hulle bied ’n verskeidenheid van standpunte oor inklaar, opleiding, inspeksie, lyfwegsteek, grenspatrollies, geheime operasies en oorlogvoering, en dan die heraanpassing by die lewe op civviestraat.Die boek is ’n boeiende werk wat die gees en atmosfeer vasvang, die daaglikse roetine, die verveling, vrees, kameraderie en ander intense ervarings van ’n SAWsoldaat. Vir elkeen wat diensplig meegemaak het, sowel as hulle familie en vriende, is hierdie boek ’n moet.JH Thompson is in Spanje en Suid-Afrika opgevoed en was ook ’n veldwagter en toer gids. Sy woon en skryf in Johannesburg. Sy werk as ’n vryskutjoernalis vir koerante, tydskrifte en webwerwe.